Bond van die Vermeulen Familie

Placeholder Picture
vermeulenbond.org vermeulenbond.org

 vermeulen familie BYEENKOMSTE

AGTERGROND:

Aangesien dit nie moontlik is om al die lede van die Bond by een byeenkoms te betrek nie, is besluit om streekbyeenkomste te organiseer.

DOELWIT:

WIE MAG BYWOON:

EERSTE STREEKBYEENKOMS GANSBAAI.

Die eerste Vermeulen streekbyeenkoms was gehou op Saterdag, 16 Desember 2000, in die Overberg Boothuis te Gansbaai.
Die byeenkoms is afgesluit met ‘n kerkdiens in die NG Kerk, Gansbaai op 17 Desember 2000.

Die byeenkoms is bygewoon deur 63 persone ( Vermeulens en Vermeulen afstammelinge).

Van die 63 persone was 28, (40%) geregistreerde lede van die Bond.

Die aanwesiges het die byeenkoms as uiters suksesvol beskou en het dan ook versoek dat streekbyeenkomste ‘n gereelde instelling word.

Die Bestuur van die Bond wens hiermee almal wat teenwoordig was te bedank vir hul teenwoordigheid.

Placeholder Picture

TWEEDE STREEKBYEENKOMS CARNARVON

Die tweede streekbyeenkoms is gehou op Vrydag, 13 April 2001 in die NG Kerk Jeugsentrum, Carnarvon.

Alhoewel dit in die middel van die Paasnaweek gehou is, is bestuur tevrede met die opkoms.

Die volgende resultate is behaal:

Die geleentheid is ook benut om begraafplase te Britstown, Carnarvon en Loxton te besoek.
Dit word gedoen om inligting,reeds geboekstaaf, te kontroleer en moontlike nuwe inligting in te win.

DERDE STREEKBYEENKOMS PRETORIA

Die derde streekbyeenkoms is gehou op Saterdag, 20 Oktober 2001 by die Pioniers Opelug Museum, Pretoria.
(Op die terrein wat oorspronklik aan die Pretoria VERMEULEN pioniers behoort het).

Alhoewel die byeenkoms wyd geadverteer is, was die byeenkoms uiters teleutstellend. Selfs die reën kon nie as ‘n verskoning gebruik word nie - beide die vergadering en die braai is onderdak gehou.

Vyftien persone, wie bevestig het dat hulle gaan bywoon het nie opgedaag nie.

In Pretoria en omgewing woon 'n verdere vyftien bondlede wie nie die byeenkoms bygewoon, verskoning gemaak of enigiets van hulle laat hoor het nie.

Die volgende resultate is behaal :

VIERDE STREEKBYEENKOMS CARLTONVILLE

Die vierde streekbyeenkoms is op 7 September 2002 te Carletonville gehou.
Albie en Yvonne VERMEULEN het hul fasiliteite te Lomatistraat 12, Carletonville,tot ons beskikking gestel.

Die volgende resultate is behaal :

Placeholder Picture

VYFDE STREEKBYEENKOMS BLOEMFONTEIN

Die vyfde streekbyeenkoms het plaasgevind op Saterdag 31 Mei 2003 te Bloemfontein.

Die volgende resultate is behaal :

Placeholder Picture

SESDE STREEKBYEENKOMS KLERKSDORP

Die sesde streekbyeenkoms het plaasgevind op 18 Junie 2005 te Senwes Lapa Klerksdorp. Die Algemene ledevergadering was eers gehou en daarna die herdenking van die vyf jarige bestaan van die Bond.

Die verrigtinge was bygewoon deur 23 persone waarvan 13 Bondslede was. Tydens die viering skenk en oorhandig Michael Johannes (Mike) Vermeulen aan elkeen van Izak en Johan Vermeulen die eerste druk geslagsregister. Die eerste druk geslagsregister van 2004 word ook by hierdie byeenkoms bekend gestel. Drie van ons huidige bestuurslede het die byeenkoms bygwoon naamlik Izak, Zelma en Stoffel.

SEWENDE STREEKBYEENKOMS BLOEMFONTEIN

Die sewende streekbyeenkoms het plaasgevind op Satrerdag 5 Nov 2011 te Bloemfontein.

Die byeenkoms en Ledevergadering is gedeeltelik geborg deur die volgende Vermeulen’s:

  1. Eric Vermeulen van Vrystaat batterye
  2. Nico Vermeulen, van Nico Vermeulen wyne in die Paarl
  3. Nico Vermeulen van Strubensvalei
  4. Marius Vermeulen van Pretoria

75 persone het die byeenkoms bygewoon en hierdie byeenkoms was een van die mees suksesvolste byeenkomste nog.

Die Meulenaar 1 van 2012 wat op hierdie webblad onder "Nuusbriewe" gepubliseer word handel oor hierdie byeenkoms.

Die opgedateerde geslagsregister van 2011 is dan ook op hierdie byeenkoms bekend gestel.

Placeholder Picture
Placeholder Picture

FAK GENEALOGIE- EN FAMILIEFEES OP 9.04.2022 TE VOORTREKkERMONUMENT PRETORIA

Dankie aan ons uitstallers Nico, Cloete en Stoffel Vermeulen wat die stalletjie beman het. Stoffel se vrou Nikki het hom ook vergesel. Die koue en reën het hulle sowel as die baie besoekers nie afgeskrik nie.

Hier volg die kommentaar van ons uitstallers:
“Ons stalletjie het glad nie afgesteek by enige van die ander nie, inteendeel dink ek as daar ‘n kompetisie was sal ons in die boonste 3 wees. Die aanwending van tegnologie was ‘n puik idee en heelwat van die ander het ook daarvan gebruik gemaak. Die Powerpoint aanbieding wat Cloete saamgestel het was puik en het heelwat aandag getrek. Stoffel se skoorrekenaar program was ook ‘n puik gedagte om navrae vinnig te beantwoord.
Sowat 40 persone nie almal Vermeulens het ons stalletjie besoek en ons skakeling met ander families kan meebring dat ons inligting met hulle kan uitruil in die toekoms.

Wat ons opgeval het, was die werklike feesgevoel, lekker gesels tussen die verskillende bonde en kers opsteek deur van die jonger Bonde. Ons het ook twee gevalle gehad waar opkomende Bonde wat nie uitgestal het nie, by ons kom fotos neem het.”

Vermeulenbond
Vermeulenbond

Kliek om die Powerpoint vertoning wat by die uitstalling vertoon was te sien:

Tuisblad | Bond Stigting | Grondwet | Lidmaatskap | Stamvader Jan | Stamvader Dirk | Familiewapen | Erfenis | Byeenkomste | Nuusbriewe |  Kontak Ons | Terme en Voorwaardes

thewebman.co.za